Korrektiewe Dienste-vakbond bekommerd oor dwelms in tronke

Die Suid-Afrikaanse Korrektiewe Dienste-vakbond het kommer uitgespreek oor dwelmverspreiding in tronke na die inhegtenisneming van twee dwelmmuile op pad na die Helderstroom-korrektiewe eenheid in die Wes-Kaap. Die vakbond sê toenemende bendebedrywighede en korrupsie bedreiging die rehabilitasiestelsel. Woordvoerder, Alude Jizana, doen ‘n beroep vir verbeterde veiligheidsmaatreëls, samewerking met wetstoepassing en ondersteuningsprogramme vir die herstel van verslaafdes om die kwessie behoorlik te takel.