Covid-gevalle neem af in Namibië

Die Namibiese gesondheidsministerie het 43 Covid-sterftes in 14 distrikte aangekondig, asook 326 nuwe gevalle uit 1 806 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 18 persent is. Daar is 29 leerders, drie onderwysers en 13 gesondheidswerkers in die groep. Daar is nou 20 503 aktiewe gevalle, waarvan 400 pasiënte gehospitaliseer is en 80 in intensiewesorgeenhede is. Die adjunkminister van gesondheid, dr. Esther Muinjangue, gee die jongste Covid-syfers.