Inna Hengari moet eerder nie beleid maak nie – ekonome

Kommentaar deur PDM parlementslid Inna Hengari lok kritiek uit. Hengari meen huur moet beheer word, veral omdat lae-inkomste huishoudings sukkel. Ekonome meen dat terwyl Namibiërs gebuk gaan onder lae inkomste en hoë kostes en dit uitdagend is, is huurbeheer nie ‘n goeie beleid nie en mense wat so meen, behoort nie beleid te maak nie. Lae inkomstes word aangedryf deur lae produktiwiteit en min beperkte werkskepping. Hoë eiendoms koste word aangedryf deur ‘n tekort aan aanbod te midde van hoe vraag. Dus moet beleidsmakers die trae ekonomiese groei en beperkte behuising aanspreek as om huur te beheer.