Plaaslike krisisse kan benut word om jeugwerkloosheid aan te spreek
Een derde van jongmense in Afrika tussen 15 en 35 jaar oud wat nie skoolgaan nie is werkloos en moedeloos, nog ‘n derde is kwesbaar by die werk, en slegs een uit elke ses werk vir ‘n loon. Dit is volgens ‘n Afrika Ekonomiese Vooruitsig-verslag wat deur die Afrika Ontwikkelingsbank vrygestel is. Die bank skat dat 17 miljoen werksgeleenthede elke maand tussen nou en 2063 geskep moet word om die deelname- en werkloosheidsyfers van Afrika-jeug konstant te hou. Kosmos 94.1 Nuus het met die arbeidskenner Herbert Jauch gesels oor watter sektore op gefokus moet word om meer jeug in diens te kan neem.