ANC Jeugliga wil meer jeug in leierskap hê

Die ANC Jeugliga bepleit meer jeugverteenwoordiging in die nasionale en provinsiale wetgewers. Hulle vra president Cyril Ramaphosa om jongmense as ministers en adjunkministers aan te stel. Premiers moet dieselfde doen met LUR’e. Die president van die liga, Collen Malatji, sê om jongmense in hierdie poste aan te stel sal vars perspektiewe en energie in die regering ontsluit, wat die demografie en behoeftes van die jeug verteenwoordig: