Beluga-walvisse van bomontploffings in Oekraïne gered

Twee Beluga-walvisse het ‘n nuwe tuiste in Spanje gevind na hulle uit ‘n akwarium in die oorloggeteisterde Oekraïne gered is. Bomme het ‘n paar honderd meter van die NEMO-akwarium in Kharkief ontplof. ‘n Internasionale span van spesialiste sê dit was een van die mees ingewikkelde see-soogdierreddings-operasies ooit, wat ‘n rit van 12-uur deur Oekraïne ingesluit het. Die beluga’s, die 15-jarige Plombir en die 14-jarige Miranda, het dié week veilig in Valencia aangekom.