Sri Lanka se hoogste hof verwerp geslagsgelykheid-wetsontwerp

Die hoogste hof in Sri Lanka het ‘n regeringswetsontwerp oor geslagsgelykheid afgeskiet, omdat hy reken dit kan ‘n wettige presedent skep vir die dekriminalisering van homoseksualiteit en selfdegeslaghuwelike. Die Hooggeregshof se regsbank, met drie regters, het beslis die wetsontwerp, wat gemik is op die bekamping van seksisme en geweld, ondermyn konserwatiewe waardes op die eiland. Die hof het gesê die erkenning van persone met verskillende geslagsidentiteite is ook ‘n oortreding van die grondwet.