Kolbe sluit aan by Bokke se oefenkamp

Die vleuel Cheslin Kolbe is terug by die Springbok-oefenkamp in Pretoria en is moontlik beskikbaar om gekies te word vir volgende maand se toetse teen Ierland. Die dubbele Wêreldbeker-wenner het sy knie beseer tydens die Japanese klubseisoen. Sy rehabilitasie sal nou onder die wakende oog van die Bokke se mediese personeel plaasvind. Die wedstrydgroep word Dinsdag aangekondig vir die eerste toets van die seisoen, volgende naweek teen Wallis op Twickenham.