Verhouding tussen Zim en Zambië versuur verder
Die Zimbabwiese president Emmerson Mnangagwa se uitreik na Rusland tent tyde van die St. Petersburg ekonomiese forum wat vandag tot ‘n einde loop, lok reaksie uit. Die president se beskuldigings in Rusland dat die Verenigde State besig is om sy militêre mag in Zambië te konsolideer, beklemtoon ‘n groeiende breuk tussen die buurlande met die verhouding wat onlangs versuur het. Tydens ‘n vergadering met Russiese president Vladimir Putin het Mnangagwa hulp gesoek vir verdediging en voedselsekuriteit, en het kommer uitgespreek oor Amerikaanse invloed in Zambië. Sedert Hakainde Hichilema sy amp aangeneem het, het die VSA sy bande met Zambië versterk, wat groter finansiële hulp en sekuriteitsamewerking bied.