Denemarke in skok na aanval op eerste minister

Die Deense eerste minister, Mette Fredriksen, is gisteraand op ‘n plein in Kopenhagen aangeval. Volgens haar kantoor is die man gearresteer en die eerste minister is deur sekuriteit weggeneem. Frederiksen is glo geskok maar geen verdere besonderhede is verskaf nie. Die polisie in Kopenhagen en die nasionale sekuriteit- en intelligensiediens het die voorval bevestig maar nie daarop uitgebrei nie. Die Deense minister van die Omgewing, Magnus Heunicke, het in ‘n plasing op sosiale media gesê die aanval het almal na aan Frederiksen geskok.