Jaarlikse Super Game-veiling vind vandag plaas

Super Game bring vanjaar sy jaarlikse wildveiling na Windhoek, met ‘n groot katalogus met ‘n verskeidenheid diere wat beskikbaar is om op te bie. Die veiling is geskeduleer vir vandag om 12-uur beide aanlyn en ter plaatse by The Weinberg in Klein Windhoek. Martenique Scott van Super Game Dealers het meer inligting met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.

Die jaarlikse Hartebeestloop-veiling vind ook vandag op die plaas Hartebeestloop en aanlyn plaas. Dit is ‘n hoogtepunt op Namibië se landboukalender omdat die diere van topgehalte is. Die veiling begin om 11-uur.