Derde seisoen van SA20 begin op 9 Januarie

Krieket: Die derde seisoen van die suksesvolle SA20 vind vanaf 9 Januarie tot 8 Februarie volgende jaar plaas. Die kommissaris, Graeme Smith, sê Krieket Suid-Afrika beplan om steeds die plaaslike somer as sy eie te behou en ‘n geleentheid aan almal te bied om van die beste spelers te geniet, hetsy in volgepakte stadions of deur wêreldwye uitsendings. Die vorige twee seisoene is gekenmerk deur rekord bywoning, ‘n groeiende kykertal en speler-genot van meer as 95-persent. Sunrisers Eastern Cape het die eerste twee seisoene gewen.