Mobiele opslaan-inryteater kan restaurante help

Die impak van die Covid-pandemie op die Namibiese ekonomie, veral die gasvryheidsbedryf, kan nie geïgnoreer word nie. Kahlel Advertising verstaan watter moeilike tye dit tans vir restaurante is en het met ‘n blink idee vorendag gekom om meer kliënte na hul persele te lok. ‘n Mobiele opslaan-inryteater buite restaurantpersele kan binne ‘n uur opgeslaan of verwyder word en ‘n inry-teater ervaring op die groot skerm vir tot 50 voertuie bied. Bemarkingsbestuurder van Kahlel Advertising, Leon Feris, sê aan Kosmos 94.1 Nuus, terwyl restaurantgaste se kos in hul motors bedien word, kan hulle terselfdertyd ‘n fliek op die groot skerm geniet.