Laaste slagoffer van Miami-woonstelblok uitgekenJuly 27, 2021

Die laaste slagoffer van die woonstelblok wat in Miami, Florida, ineengestort het, is uitgeken. Dit bring die dodetal op 98 te staan. Die oorskot van die 54-jarige Estelle Hedaya is gister gevind, meer as ‘n maand nadat die Champlain Towers South-gebou op 24 Junie ingestort het. Altesaam 159 mense was aanvanklik vermis. Die terrein word as ‘n misdaadtoneel hanteer omdat die oorsaak van die ineenstorting nog nie vasgestel is nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *