Trek ‘eensydige’ minimumloon-loonbevel terug, vra NEF

Die Namibiese Werkgewersfederasie, NEF, vra dat die loonbevel deur arbeidsminister Uutoni Nujoma oor die nasionale minimumloon teruggetrek word. Die federasie sê in ‘n verklaring dat die besprekings, ná die vrystelling van die Loonkommissie se verslag, nog lank nie afgehandel is nie. Sy voorleggings, wat werkgewers se wesenlike bekommernisse uiteensit oor die ernstige implikasies vir indiensneming, is ook nie in ag geneem nie. Aangesien die vereiste drieparty-konsultasies oor ‘n nasionale minimumloon nie afgehandel is nie, word Nujoma se uitreiking van ‘n loonbevel beskou as voortydig en eensydig. Daar is ‘n behoefte aan verdere beraadslagings en werkgewers se voorleggings moet in ag geneem word.