Miljoene nodig om Palestyne by te staan
Die Verenigde Nasies sê terwyl vyandighede in die noorde en suide van Gaza, veral in Rafah, toeneem, het toestande rondom sekuriteit en toegang tot humanitêre hulp sedert Mei verder versleg. Tussen 31 Mei en 3 Junie is 195 Palestyne dood en 720 beseer. Die VN sê lidlande het sowat 18 miljoen Namibiese dollar van die meer as 635 miljoen wat nodig is, betaal om in noodsaaklike behoeftes van 2,3 miljoen mense in Gaza en 800 000 in die Wes-oewer te voorsien.