Djokovic se knie stoot Sinner na nommer een
Die tweede gekeurde Jannik Sinner sal in die halfeindronde van die Franse Ope teen Carlos Alcaraz van Spanje te staan kom. Sinner het sy strewe na ‘n tweede agtereenvolgende Grand Slam-titel voortgesit deur Grigor Dimitrov van Bulgarye met 6-2, 6-4, 7-6 te klop. Die Italianer sal Maandag tot wêreldnommer een op die ranglys styg nadat Novak Djokovic hom weens ’n besering voor sy kwarteindstryd onttrek het. Alcaraz het Stefanos Tsitsipas van Griekeland met 6-3, 7-6, 6-4 uitgeskakel. Sinner sê om wêreldnommer een te word is vir hom spesiaal: