Geen verrassings in handelsbulletin nie

Die land se handelsbalans het in April ‘n tekort van 3,1 miljard Namibiese dollar getoon, vergeleke met 4,6 miljard dollar en 1,2 miljard dollar wat onderskeidelik in Maart en April verlede jaar aangeteken is. Dit is volgens die Namibiese Statistieke-agentskap se jongste bulletin. Daar is geen verassings nie, soos Mirjam Shihepo, die agentskap se skakelbeampte, verduidelik.