RMB onderskryf, koördineer Navachab se US$155 miljoen lening
RMB is deur QKR Navachab aangestel as die aanvanklike mandaat hoof-tussenganger, onderskrywer en koördineerder van ‘n gesindikeerde lening van Namibiese en Suid-Afrikaanse banke. Die lening van 155 miljoen Amerikaanse dollar is vir die myn se uitbreidingsprogram. Die veelvlakkige oplossing is deurslaggewend vir die kritieke opbou van die mynbou- en verwerkingsaktiwiteite. Die uitbreiding sal die myn se goudproduksie aansienlik opskaal, wat ‘n wesenlike bydrae tot Namibië se ekonomiese volhoubaarheid sal lewer. RMB en die banksindikaat sal risikobestuur-oplossings verskaf. Jason Shikalepo, die hoof van beleggingsbankwese by RMB in Namibië, het meer inligting.