Registrasie in Karas-streek vorder flink

Die Verkiesingskommissie van Namibië, ECN, se stembeampte vir die Karas-streek, Jejamaije Mujoro, sê hulle het op die eerste dag van algemene kiesersregistrasie 1 200 voornemende kiesers geregistreer. Registrasie het Maandag begin en eindig op 1 Augustus. Mujoro sê op grond van nasionale statistieke is die meerderheid wat verwag word om te registreer die jeug. Hy het jongmense in die streek aangemoedig om in groot getalle te gaan registreer. Karas het 30 spanne en 140 registrasiepunte. Registrasiepunte open om 8-uur en sluit om 7-uur saans, van Maandag tot Saterdag.