Private treine kan SA ekonomie hupstoot gee

Private treine kan binne ses tot nege maande op Suid-Afrika se spoorlyne loop. Die uitvoerende hoof van Traxtion, James Holley, sê dit sal ‘n hupstoot wees vir die ekonomie wat deur ‘n wanfunksionele spoorwegdiens gekniehalter word. Holley het die regering gelukgewens met die skep van ‘n beleidsraamwerk, insluitend ‘n nasionale spoorwegbeleid, ‘n plan vir vragvervoer en ‘n raamwerk vir die private sektor se deelname aan die spoorweë. Die bekendstelling van private treine sal ‘n mylpaal wees om die land se spoorwegnetwerk nuwe lewe te gee.