Begin-ondernemings groei plaaslik

Namibië beklee die 8ste plek in Afrika in terme van begin-ondernemings. Dit is hoër as Ghana en Tunisië en beklemtoon die land se groeiende begin-besigheid ekosisteem. Op ‘n wêreldskaal beklee Namibië die 87ste posisie, volgens StartupBlink. Volgens die verslag is dit die derde agtereenvolgende jaar wat Namibië groei aanteken, en het 12 plekke geklim sedert sy aanvanklike insluiting op die ranglys in 2021. Kosmos 94.1 Nuus het met Danny Meyer van SMEs Compete gesels oor die groei in ‘n begin-ondernemings.