Nog reën vir die Oos-Kaap
Die Nelson Mandela-munisipaliteit in die Oos-Kaap verwag vandag nog ontwrigtende reën wat tot oorstromings kan lei. Dit volg nadat agt mense in die metro dood is, terwyl reddingspanne steeds soek na ‘n vermiste 20-jarige slagoffer wat naby Dawn in Oos-Londen weggespoel het. Meer as 1 300 inwoners is deur die oorstromings dakloos gelaat. Nelson Mandelabaai se burgemeester, Gary van Niekerk, sê die regering bied tydelike skuiling aan die slagoffers: