Koalisieregering impak op SA en ook Namibië
Koalisieregerings lyk al hoe meer soos ‘n werklikheid op nasionale en provinsiale vlak ná vanjaar se verkiesing in Suid-Afrika. Nie net hang die sterkste land in Suider-Afrika se toekoms af van watter koalisies gaan septer swaai nie, maar uiteraard sal Namibië en ander buurlande ook geraak word. Die uitslag van koalisie-samesprekings is nie net polities van groot belang nie, maar ook ekonomies. Kosmos 94.1 nuus kry ‘n uiteensetting by Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt om uit te vind oor wat die ekonomiese impak op Suid-Afrika maar ook direk op Namibië sal wees.