FW de Klerk-stigting vra vir eenheid
Die FW de Klerk-stigting doen ‘n oproep vir die samestelling van ‘n regering van nasionale eenheid. Dit volg nadat die ANC nie daarin kon slaag om ‘n meerderheid te verseker in vanjaar se verkiesing nie, wat beteken dat hy ‘n koalisieregering sal moet vorm. Die stigting se direkteur, Christo van der Rheede, sê die regering behoort politieke partye in te sluit wat die Grondwet steun en verbind is tot die Handves van Regte.