Petrofund stuur 13 Namibiërs vir energie-sektor opleiding
Die Petroleum Opleidings- en Onderwysfonds, Petrofund, het ‘n inisiatief geloods om 13 Namibiërs toe te rus met gespesialiseerde vaardighede in die olie- en gassektor. Dit is in samewerking met Subsea7, ’n internasionale olie- en gasdiensmaatskappy, en Sonamet, ’n Angolese olie- en gasopleidingsentrum. Petrofund se uitvoerende hoof, Nillian Mulemi, sê die opleidingsprogram is ‘n groot stap vorentoe in die ontwikkeling van ‘n vaardige Namibiese arbeidsmag vir die groeiende energiesektor. Die leerling-vakmanne, wat na Angola gaan vir opleiding, is gekies uit Petrofund se CV-databasis en beskik oor Vlak 3-sweis- en pas- en draaikwalifikasies.