Hoër tabakbelasting om rook te ontmoedigJune 3, 2024

‘n Studie in 16 lande suid van die Sahara toon hoër tabakbelasting kan rook onder jongmense aansienlik verlaag. Navorsers het bevind ‘n tien-persent styging in sigaretpryse kan rook onder die jeug met 11,5-persent tot 14,6-persent verminder, met meer as die helfte wat heeltemal sal ophou. Volgens die studie is jongmense meer geneig om te rook as hulle ouers dit doen. Die navorsers moedig Afrika-regerings aan om tabakbelasting te verhoog en vol te hou om openbare gesondheid te verbeter.