Dis hoekom die aandelebeurs belangrik is
Die Namibiese Aandelebeurs is in 1992 gestig. In 1994 het die regering regulasies ingestel wat pensioen- en lewensversekeringsfondse dwing om 35 persent van hul fondse in Namibiese bates te belê, wat insluit aandele wat op die NSX genoteer is. Dit het die beurs ‘n aansienlike hupstoot gegee en dit het vir ‘n ruk vinnig gegroei. Volgens navorsing deur die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het nuwe Namibiese noterings egter nie gerealiseer nie, plaaslike aandeelpryse het gedaal en likiditeit in plaaslike aandele het opgedroog. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Tiaan Bazuin, die aandelebeurs se uitvoerende hoof, oor die belangrikheid van besighede om op die aandelebeurs te noteer en hulself, en die ekonomie, ’n hupstoot gee.