So word Namibië beïnvloed deur SA koalisie-onsekerheid
Suid-Afrika staar die werklikheid van ‘n koalisie-regering in die gesig, en dit wek om verskeie redes kommer. Nie net hang die sterkste land in Suider-Afrika se toekoms af van watter koalisies gaan septer swaai nie, maar uiteraard sal Namibië en ander buurlande ook geraak word. Die uitslag van koalisie-samesprekings is van groot belang nie net in die politiek nie, maar ook ekonomies. Professor Jannie Rossouw van Wits se sakeskool verduidelik wat op die oomblik die grootste bekommernis is.