China-Namibië vriendskap parlementêre groep
Die speaker van die Nasionale Vergadering, professor Peter Katjavivi, en die ondervoorsitter van die 14de Nasionale Volkskongres-staande komitee van China, Cai Dafeng, het ‘n bilaterale vergadering gehou om diplomatieke betrekkinge te versterk. Die verhouding tussen Namibië en China is versterk deur verskeie parlementêre uitruiling en gebare van welwillendheid. Dit sluit in ‘n skenking van ‘n bus en die opknapping van die parlementêre-konferensiesaal, wat die bedrywighede van die fasiliteite verbeter het. Katjavivi sê dat die twee parlementêre instellings ‘n hegte en aktiewe verhouding het met ‘n China-Namibië vriendskap parlementêre groep, wat sal kyk na spesifieke kwessies wat van besondere belang vir Namibië is.