Indië verklaar oorwinning voortydig
Dit blyk dat daar wêreldwyd uitdagings is met verkiesings. India se eerste minister, Narendra Modi, sê burgers het in rekordgetalle gestem om die Nasionale Demokratiese Alliansie-regering te herkies. Hy het ‘n oorwinning verklaar ondanks die feit dat die finale uitslae nog nie verklaar is nie. Maar die meeste peilings van kiesers wat klaar gestem het beraam die regerende NDA kan tussen 355 en 380 setels in die 543-setels van die laerhuis in die Parlement wen, waar 272 nodig is vir ‘n meerderheid. Ontleders waarsku na-verkiesingspeilings was in die verlede verkeerd en is nie onpartydig nie.