Stad Windhoek prys sy elektrifisering-proses
Die Stad Windhoek is in ‘n gevorderde stadium om elektrisiteit aan 720 huishoudings te verskaf teen ‘n koste van 11,4 miljoen Namibiese dollar. Windhoek se burgemeester, Queen Kamati, het op ‘n stadsraadsvergadering gesê die projek word deur die regering gefinansier. Die elektrifisering is meestal gefokus op die stad se informele nedersettings. Volgens Kamati sal dit inwoners help om toegang tot meer dienste te hê.