Verbod op alkohol op paviljoene by Franse Ope 

Tennis: Die organiseerders van die Franse Ope het ‘n verbod op die gebruik van alkohol deur toeskouers op die paviljoene om opruiende gedrag te keer. Dit volg nadat die Belg David Goffin Maandag uitgejou is na sy oorwinning oor die plaaslike speler Giovanni Mpetshi Perricard, en die wêreld se nommer-een vrouespeler Iga Swiatek gister die skare gevra het om tydens spel stil te bly. Die toernooidirekteur Amelie Mauresmo sê skeidsregters sal ook toeskouers strenger hanteer. Spel is vandag met ‘n uur vervroeg om op te maak vir tyd wat weens reën verloor is.