Stem vir die volgende kalenderstelsel

Die Ministerie van Onderwys, Kuns en Kultuur is besig met ‘n opname  om te bepaal watter kalenderstelsel in die volgende akademiese jaar geïmplementeer gaan word. Daar word ‘n beroep op die publiek gedoen om te stem vir die kalenderstelsel wat hulle voel gunstig is vir die onderwysstelsel en in die beste belang van die Namibiese kind.  Hierdie opname strek tot 21 Junie 2024 en is op die ministerie se webwerf beskikbaar.  Die Uitvoerende Direkteur van die ministerie, Sanet Steenkamp sê dit is elkeen se verantwoordelikheid om eienaarskap van die proses te neem.