Geheime jurielede agter geslote deure in New York

Jurielede keer vandag terug vir ‘n tweede dag se beraadslagings in Donald Trump se strafregtelike verhoor terwyl die Republikeinse presidentskandidaat en die land wag vir ‘n besluit wat November se verkiesing kan ontwrig. Na weke se getuienis van meer as 20 getuies oor Trump se beweerde verdoeseling van ‘n moontlike polities-skadelike ontmoeting met ‘n pornografie-ster, is die kollig nou op die twaalf jurielede in New York. Hulle identiteite word geheim gehou vir hulle eie beskerming. Die jurie werk agter geslote deure in ‘n afsonderlike kamer.