Blitsbok-kaptein optimisties oor hulle kanse in Madrid

Rugby: Die Blitsbokke se kaptein, Selvyn Davids, sê hulle is optimisties oor hulle vooruitsigte in die naweek se Grand Finale van die Sewesreeks in Spanje. Slegs die top agt mans- en vrouespanne sal in Madrid meeding. Na sewe rondes is Argentinië en Nieu-Seeland die onderskeie mans- en vroue-ligawenners, voor die nuwe alleenstaande toernooi in die Spaanse hoofstad. Suid-Afrika speel sy groepswedstryde teen Ierland, Nieu-Seeland en Fidji. Davids sê hulle vertoning in die laaste twee toernooie gee hulle selfvertroue.