14 Hongkong demokratiese leiers skuldig aan ondermyning
‘n Hongkongse hof het 14 demokrasie-aktiviste en politici aan ondermyning skuldig bevind en twee vrygespreek. ‘n Totaal van 47 mense is aan sameswering om ondermyning te pleeg skuldig bevind vir hulle rolle om in ‘n nie-amptelike voorverkiesing in 2020 te besluit wie aan die stad se verkiesing moet deelneem. Slegs 16 van hulle onskuldig gepleit terwyl die 31 wat skuld bekend het steeds wag op die uitkoms van hulle sake. Die maksimum vonnis vir ondermyning is lewenslange tronkstraf.