Landbou-kongres mik na positiwiteit

Die jaarlikse kongres van die Landbou Werkgewersvereniging dien as ‘n deurslaggewende byeenkoms binne die landbougemeenskap. Dit bied ‘n platform vir belanghebbendes om byeen te kom en kritieke kwessies wat die bedryf in die gesig staar aan te spreek. Vanjaar se byeenkoms vind komende Dinsdag by Arebbusch Lodge in Windhoek plaas. Vanjaar se tema, “positiewe dinamika in boerdery,” beklemtoon die konstruktiewe motivering van landbouwerkgewers. Danie van Vuuren, hoofbeampte by die vereniging, het teenoor Kosmos 94.1 uitgebrei oor die belangrikheid van die kongres.