Kies reg en staan vir die wat saak maak

Die Namibiese verkiesings vind in November plaas en kiesers registrasie begin alreeds op 3 Junie. Dit is ons almal se verantwoordelikheid om die regte keuse te maak wanneer ons stem om verandering teweeg te bring. Deurwinterde sosiale aktivis, Ethne Mudge het met Kosmos 94.1 nuus gepraat en sê verkragting het ‘n groot probleem in die land geword het en neem steeds toe. Mudge moedig die publiek aan om politici te kies wat leiers kan wees en mekaar tot verantwoording roep oor die land se probleme.