NamPost waarsku teen SMS-slenter

Daar steek alweer ‘n slenter kop uit en hierdie keer by NamPost. ‘n Bedrieglike kennisgewing word per SMS aan kliente gestuur, wat beweer dat kliënte se pakkies nie afgelewer kan word nie. In die boodskap word jy ook versoek om jou adres op te dateer deur ‘n skakel te volg. Gladwin Groenewaldt, woordvoerder van NamPost, sê die boodskap is nie eg nie en ook nie afkomstig van die maatskappy nie.