Magashule vra waardigheid vir Afrika-kind

Die leier van die African Congress for Transformation, Ace Magashule, sê sy party is gereed om waardigheid te bring vir die Afrika-kind in Suid-Afrika. Magashule het kiesers gevra om vir verandering te stem, maar ook die lewe van die Afrika-kind te verbeter, deur onder meer werkskepping en toegang tot onderwys. Hy is ook vol vertroue die ACT sal verskeie provinsies beheer soos die party se momentum toeneem.