Erdogan veroordeel VN 

Die Turkse president, Recep Tayyip Erdogan, het die Verenigde Nasies sterk veroordeel en doen ‘n beroep op die Islamitiese wêreld om op te tree na die jongste dodelike Israelse aanvalle in Gaza. Hy sê die VN kan nie eers sy eie personeel beskerm nie en die gees van die organisasie in Gaza is dood. Die Turkse leier het ook state waar Moslem-regerings aan bewind is gekritiseer vir hulle versuim om gesamentlik teen die aanvalle op te tree.