Wêreld Onder 20-kampioenskap ‘vanjaar selfs beter’

Rugby: SA Rugby verwag ‘n selfs beter Wêreldrugby Onder 20-kampioenskap vanjaar. Die toernooi keer die einde van aanstaande maand terug na die Wes-Kaap met die top 12 spanne in die wêreld wat sake gaan uitspook in die Danie Craven-stadion in Stellenbosch, die Kaapstad-stadion en die Athlone-stadion in Kaapstad. Die Junior Springbokke begin hulle veldtog op 29 Junie teen Fidji. Die uitvoerende hoof van SA Rugby, Rian Oberholzer, sè dis ‘n groot voorreg om gasheer te wees vir die volgende geslag supersterre.