Seks met verstandelik gestremdes is verkragting: kenner

Te midde van ‘n vlaag verkragtings van minderjariges, is ‘n 17-jarige verstandelik gestremde meisie ook na bewering onlangs verkrag. Dit het by die Otjorute-nedersetting in die Ruacana-kiesafdeling gebeur. Volgens die polisie word daar beweer dat die meisie eenvoudig deur die verdagte na ‘n kamer geneem is waar hy haar ontklee en verkrag het. Die verdagte is bekend maar is nog nie gearresteer nie. Ingrid Husselmann, die voormalige kinderadvokaat by die Kantoor van die Ombudsman, het haar reaksie met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.