Ovaherero, Nama leiers kap datum van Volksmoord-herdenkingsdag

Die Ovaherero Tradisionele Owerheid en Nama Tradisionele Leiersvereniging is sterk gekant teen die datum van 28 Mei as Volksmoord-herdenkingsdag. Die datum is gister deur Speaker Peter Katjivivi aangekondig. Nandiuasora Mazeingo, waarnemende sekretaris-generaal van die Ovaherero owerheid, sê hulle verwerp die datum ten sterkste, as deel van wat hy noem die regering se ‘ontkennings’-agenda. Die Nama-vereniging, wat 12 April verkies, sê die Nama-volk word steeds in dieselfde inheemse reservate in ‘n onafhanklike Namibië gehou.