Regering moet geweld, misdaad tydens verkiesing stop: Rise Mzansi
RISE Mzansi vra die regering en wetstoepassingsagentskappe om die kultuur en oorsake van geweld en misdaad in die land gedurende verkiesing aan bande te lê. ‘n Woordvoerder van die party, Lihle Nyikana, sê paaie word gedurende die verkiesingsweek in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal afgesper. Daar is verskeie kwessies wat in Mthatha ‘n rol speel. Nyikana sê indien die regering versuim om die krisis aan te spreek, kan daar aangevoer word die verkiesing was nie vry en regverdig nie.