Looser, Miller skitter in MTB Marathon Wêreldbeker-reeks
Vera Looser en Alex Miller het Namibië fietsry op die wêreldverhoog geplaas ná briljante vertonings Sondag by die UCI MTB Marathon Wêreldbeker-reeks in die Tsjeggiese Republiek. Looser het aan die eerste been van die Wêreldbeker-reeks in die Nove Mesto Na Morave deelgeneem. Sy het goud gewen in die elite-vroue-marathon in ‘n tyd van 5 uur 45 minute en 31 sekondes. In die elite-mans-resies het Fabian Rabensteiner van Italië die goue medalje in 4 uur 39 minute en 45 sekondes gewen, met Miller sewe sekondes agter om die silwermedalje te wen.