AfriForum verloor saak teen Malema oor Kill the Boer-lied
Die Appèlhof het AfriForum se saak teen die leier van die EFF, Julius Malema, oor die sing van “Kill the Boer”, met koste van die hand gewys. Die hof het beslis Malema het bloot uitdrukking gegee aan sy reg van vryheid van spraak, wat deur die Grondwet beskerm word, en was deel van die bedrywighede en die veldtog van die politieke party wat hy lei. AfriForum wou hê die hof moet die sing van die lied verbied aangesien hulle dit as haatspraak teen wit Afrikaners beskou.