Junior Springbokke reg vir Wêreld Onder-20 Kampioenskap

Rugby: Die Junior Springbokke wil graag op hulle bronsmedalje van verlede jaar verbeter wanneer die Wêreldrugby Onder-20 Kampioenskap aanstaande maand weer in Suid-Afrika plaasvind. Die Baba Bokke is in Groep C saam met Engeland, Argentinië en Fidji. Die kampioene van verlede jaar, Frankryk, Wallis, Nieu-Seeland en Spanje, is in Groep A, met Ierland, Australië, Georgiё en Italië in Groep B. Die toernooi vind plaas in die Danie Craven-stadion in Stellenbosch, die Athlone-stadion en die Kaapstad-stadion.