Celine Dion-dokumentêr

Die gewilde sangeres Celine Dion het die afgelope paar jaar ʼn stille stryd met styfpersoonsindroom gevoer. Dit is ‘n seldsame neurologiese versteuring wat ‘n persoon se spiere aantas en kan groter sensitiwiteit vir geraas, aanraking en emosionele nood veroorsaak, wat spierspasmas kan veroorsaak. Sy het in Desember 2022 onthul dat sy met Moersch-Woltman-sindroom, ook bekend as ‘stiff person syndrome’ gediagnoseer is.

In die dokumentêr: I am Celine Dion, kan aanhangers haar pad met dié diagnose volg, asook sien hoe sy voortdurend poog om terug op die verhoog te kom. Dié dokumentêr sal op 25 Junie vanjaar op Prime Video beskikbaar wees.